“Jy hoef nie berge of kranse te gaan klim nie. Jy kan net jou oë sluit en in die Binnestilte gaan. Dan ervaar jy die Onbekende, die lieflike eenwees met alles binne-in jou en rondom jou. Dan leef jy in hierdie ligte ekstase, die liefde vir alles oorrompel jou.” StilteEkstaseBinnestilte Book:Spertyd Source: Spertyd
“Ek sit my kop in my hande en probeer stil word, stiller en stiller, en die dun vliesie, die onsigbare bindende weefsel om die deel van my brein wat my geheue bymekaarhou, wat my in staat stel om op die hede te bly fokus, begin deurskif – emosie laat dit maklik gebeur – en deur die draderige openinge begin herinnering deurkom, helende herinnering, stadig, in groot detail, langsaam, daar is nie haas nie, dit moet stewig opgebou word. Hieruit kom selfheling.” HerinneringHelingSelfheling Book:Spertyd Source: Spertyd