“Hulle sê ‘n ma is slegs so gelukkig soos haar ongelukkigste kind.” KindAfrikaansMa Book:Die fantastiese mevrou Smit Source: Die fantastiese mevrou Smit
“Die dorp se kerk is werklik mooi en die argitektuur het haar vir ‘n paar minute besig gehou. Die ou gebou het ‘n statigheid wat verlore gegaan het in die ontwerp van al die ander kerke waarin sy al was. Seker nie vergelykbaar met katedrale in Europa nie, nee. Minder prag en praal, meer erns. Dit is ‘n gebou wat mense kan aanspoor om hulle sondes te oordink. Nie te bieg daaroor nie, want bieg is ‘n ander saak. Dit sit nie in protestante se bloed om te bieg nie. Hulle huigel en swyg.” KerkAfrikaansDorp Book:Die fantastiese mevrou Smit Source: Die fantastiese mevrou Smit