Quotessence
Home / Topics / Gemeenskap Quotes

Gemeenskap Quotes

Browse 5 quotes about Gemeenskap.

Gemeenskap Quotes

“Ek het al dikwels gesien hoe mense wat ons Echo-gemeenskap besoek, aanvanklik heel beïndruk is, maar gou ’n mate van ontnugtering beleef as hulle ons eers beter leer ken. Daar is dalk liefde en selfopoffering, maar daar is ook baie chaos en konflik. Ek wonder soms, wat het hulle verwag, St Franciscus se happy band of brothers? I wish!”

“Ons is geneig om te soek na bewyse wat ons angstigheid regverdig. Ons doen dit, dikwels onbewustelik, deur die stories wat ons vrese bevestig ernstig op te neem, en dié wat die teendeel bewys met agterdog te beluister. Onbekend is onbemind. Die enigste teenvoeter vir groeiende vooroordele en die vrese wat daarmee saamgaan, is dat ons dit doelbewus nader aan mekaar waag, en dat ons leer om met ons ore te luister en nie met ons ego’s nie.”