Quotessence
Home / Books / Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense

Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense

Book by Jaco Strydom · 15 quotes · Jaco Strydom, Kerk, Afrikaans

Filter quotes by topic

Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense Quotes

“Dalk moet ons nie so verbaas wees wanneer ’n prostituut, ’n dwelmverslaafde en ’n hawelose ’n erediens bywoon nie. Dalk moet ons eerder verbaas wees omdat so baie welaf mense wat vir hulleself leef en net nou en dan krummels vir die armes gooi, so tuis voel in ons eredienste.”

“Elke nou en dan moet ek myself herinner: ’n Metafoor, ons beste poging om oor geestelike dinge te praat, sê iéts oor ’n bepaalde saak, maar nooit álles nie. Van die grootste krisisse in die kerkgeskiedenis het gebeur toe die wilde God se mense op ’n metafoor verlief geraak het.”

“Ons is geneig om te soek na bewyse wat ons angstigheid regverdig. Ons doen dit, dikwels onbewustelik, deur die stories wat ons vrese bevestig ernstig op te neem, en dié wat die teendeel bewys met agterdog te beluister. Onbekend is onbemind. Die enigste teenvoeter vir groeiende vooroordele en die vrese wat daarmee saamgaan, is dat ons dit doelbewus nader aan mekaar waag, en dat ons leer om met ons ore te luister en nie met ons ego’s nie.”